KRUISTELING
 

Evaluasie van die produktiwiteit van die Brahman en sy kruisings in vergelyking met ander rasse en hul kruisings in Oos- en Suidelike Afrika.

Opsomming
Studies in Suidelike Afrika waar  die  Brahman met ander rasse vergelyk is, is ondersoek.  Genotipe x omgewing interaksies was duidelik en van beduidende omvang.  Oor die algemeen het die Brahmanvaar en  -moeder goed presteer en onder moeilike omstandighede  (bv. Swaziland) het die Brahmankruisings  uitgeblink . Fiksheidseienskappe hieronder.

Groei van nageslag met Brahmanteling het goed vergelyk met ander rasse, veral 18-maande gewig.  Voerkraalprestasie was swak, hoofsaaklik weens ‘n gebrek aan aptyt.  Karkaskwaliteit  (oogspieroppervlakte en binnespierse vet) van tweejaaroud nageslag was ook swak, wat dui op ‘n laatrypdier.

Inleiding
Optimale produktiwiteit van ‘n vleisbeesonderneming kan betekenisvol beďnvloed word deur die seleksie van die geskikte ras, of raskombinasies,  en omgewing. Die talryke beesrasse in Oos- en  Suidelike Afrika  kan in drie basiese tipes geklassifiseer word:  inheems,  Bos Taurus en Bos Indicus.  Inheemse  beesrasse, ook bekend as Sangabeeste (Mason and Maule, 1960), toon beide Bos Taurus- en Bos Indicus-invloed.

Hierdie rasse het vermoedelik ontstaan uit  kruisings tussen skoflose en zebu (Bos Indicus)- beeste in die horing van Afrika tussen 5 000 en1 500 v.C. Namate mense suidwaarts lang die kus van Afrika migreer het, het hulle hierdie beeste met hulle saamgebring.  Die B. Taurus (Britse en Europese) en B. Indicus (meer spesifiek die  Brahman)-  beeste is eers onlangs na Afrika gebring.  Die Brahman is in die Suidelike Verenigde State ontwikkel uit Indiese Bos Indicus-rasse.

Tot 15 jaar gelede was inligting oor die relatiewe prestasie van vleisbeesrasse en hul kruisings  maar  karig. Landbounavorsing en kommersiële produksie het reproduktiewe prestasie en groeitempo in eksotiese beeste beklemtoon.  Oor die algemeen is maternale eienskappe en reproduksie van beeste inheems aan Afrika geďgnoreer.  Hetzel het die resultate van vergelykende studies in ‘n aantal lande  in Oos- en Suidelike Afrika opgesom.    Sommige van die bevindings van hierdie oorsig was:

  • Ras x omgewing interaksies was duidelik.

  • Inheemse beeste is oor die algemeen produktief weens hul vermoë om in ‘n strawwqe omgewing te reproduseer.

  • Maternale  prestasie word nie verhoog deur die kruising van inheemse beeste met  Bos Taurus of Bos Indicus nie.

  • Kruisteling om nageslaggreoi te verhoog deur gebruik van meerderwaardige inheemse rasse as moeders en eksotiese Bos Taurus of gekontroleerde teling is haalbaar.

  • Sanga en B. Indicus (bv. Brahman en Boran)-kruisings behoort in ‘n stresvolle omgewing geëvalueer te word.

  • ‘n Behoefte om  aanpassingskenmerke te ontwikkel.

Sedert  Hetzel  se oorsig is ‘n omvattende ontleding van ‘n groot kruisteeltstudie wat naspeense groei en karkasinligting insluit In Zimbabwe afgehandel.  Bevindings van beide die Nasionale Vleisbeesteeltprogramme  in Swaziland en Vleisbees - Prestasie -  en Nageslagtoetsskema in Suid-Afrika is ook gerapporteer. Hierdie drie verslae het almal ‘n evaluasie van die Brahman ingesluit en sal gebruik word om Hetzel se oorsig op datum te bring met spesiale fokus op die Brahman.

                         Tabel 1:  Vergelykend maternale produktiwiteit van vleisbeesrasse in Zimbabwe
                         Tabel 2:  Vergelykende maternale produktiwiteit van vleisbeesrasse in Suid-Afrika
                         Tabel 3:  Vergelykende maternale produktiwiteit van vleisbeesrasse in Swaziland
                         Tabel 4:  Vergelykende maternale produktiwiteit van vleisbeesrasse in Botswana
                         Tabel 5:  Effekte van ras van vaar op nageslaggroei (kg) tot 18 maande ouderdom
                         Tabel 6:  Effekte van ras van vaar op karkaseienskappe van voerkraalnageslag
                         Tabel 7:  Effekte van ras van moeder  op karkaseienskappe van voerkraalnageslag

Die volwasse gewig van die koei is ‘n belangrike aspek om in aanmerking te neem vir volhoubare produksie en oor die algemeen is kleiner koeie beter aangepas vir strawwe omgewings. Groeitempo kan egter belemmer word deur die gebruik van ‘n kleiner ras. Dit is bevind dat die volwasse gewig van die Brahman vroulike dier  intermedięr is in vergelyking met die kleiner  Sanga (Mashona, Nguni and Nkone) en die groter Europese  B. Taurus- tipe koei (Charolais en Simmentaler) (Tabel1, Tabel 2 en Tabel 3).

Dit word algemeen aanvaar dat die Brahman ‘n seksueel laatryp-ras is en lae vlakke van vrugbaarheid het. Data vanaf Suid-Afrika  (Tabel 2) en Swaziland (Tabel 3) toon egter dat die Brahman intermedięr is wat ouderdom met eerste kalwing betref.  Die Angus-, Sussex-, Bonsmara-,  Pinzgauer- en Simmentalerrasse het gemiddeld op ouderdom drie maande jonger en Drakensberger- en Afrikanerrasse op drie tot vier maande ouer as die Brahman gekalf (Tabel 2).

Teenstrydige resultate t.o.v. vrugbaarheid  (uitgedruk as kalfinterval, of kalftempo) is gevind.  Die Brahman is as intermedięr in Zimbabwe en Suid-Afrika bevind (Tabelle 1 en 2), maar betreklik swak in  Swaziland en Botswana (Tabelle  3 en 4).  Hetzel het ook opgemerk dat  die kalwingstempo van die Brahman hoog was in die  Zimbabwe-studie (Tabel 1) en het dit toegeskryf aan die gehardheid van die ras in “lae” prestasie- omgewings.

Sy klassifikasie van “lae”- en “hoë” prestasie-omgewings was egter gedeeltelik gebaseer op die kalwingstempo van die Afrikaner.  Die koeie in die Zimbabwe-studie was nie geprul vir onvrugbaarheid nie, maar na gesimuleerde prul  vir twee agtereenvolgende mislukkings is die kalwingstempo van die Afrikaner verhoog van 56 na 62 persent.  Die vergelykende persentasie in die Botswana-studie was 67 (Tabel 4).  In die Zimbabwe-studie is groot verskille gevind tussen resiproke kruisings met die Afrikaner. Die vrugbaarheid van ‘n koei wat deur ‘n Afrikaner verwek is is, was merkbaar laer in verrgelyking met die vrugbaarheid van ‘n koei van ‘n Afrikanermoeder.

Die oorlewingstempo van rasegte en kruisgeteelde kalwers van rasegte Brahmankoeie was geneig om die laagste te wees van die rasse wat geëvalueer is (Tabelle 1,2 en 4) en stem ooreen met bevindings in die Verenigde State en Suid-Amerika. Dit was die opmerklikste in die Botswana-studie,waar die oorlewingstempo van kalwers wat van Bonsmara- en Brahmankoeie gebore is, 14 tot 16 persent laer was as dič van Sanga-koeie (Tswana, Tuli en Afrikaner; Tabel 4).  In teenstelling hiermee  was die oorlewingstempo van kalwers wat van Brahmankruisingkoeie gebore is,  van die hoogstes (Tabelle 1, 2 en 4).

Die laagste kalfgeboortegewigte is in die Sanga-rasse (Mashona en Nguni;  Tabelle 1,2 en 2) aangeteken Die geboortegewigte van kalwers wat van Brahmankoeie gebore is, was ook baie laag en was  van  10 tot 30 persent (drie tot 10kg) ligter as dič van kalwers gebore uit ander rasse, veral die groter Europese rasse (Tabelle 1, 2, 3 en 4). Die vermoë van die  Brahmankoei om die grootte van haar kalf te beperk is goed gedokumenteer.

Speengewig van kalf, as ‘n eienskap van die moeder. het uitermatige variasies oor studies getoon  (Tabelle 1, 2, 3 en 4) – ‘n aanduiding van ras x omgewing interaksies. Die gewig van kalwers gespeen van die Brahmankoei was van die laagste van die koeie-genotipes in die Botswana-studie (Tabel 4), intermedięr  in Suid-Afrika (Tabel 2) en van die beste, saam met Brahmankruisings, in Zimbabwe en Swaziland (Tabelle 1 en 3).

In die Zimbabwe-studie het Brahman-  en Afrikaner x Brahman-moeders die kleinste gewigtoename tussen geboorte en speen getoon (7 kg in vergelyking met  20 kg vir alle nader genotipes). Dit dui aan dat die  Brahmankoei meer energie bestee aan melkproduksie, eerder as om haar liggaamsreserwes uit te put, wat   ‘n verklaring mag wees van die verbeterde speenprestasie.  Turner het soortgelyke bevindings gerapporteer, en opgemerk dat die Brahmankoei  ‘n oormaat energie aan haar kalf bestee tot nadeel van latere vrugbaarheid.

Inligting oor gewig van kalf op 18 maande as ‘n eienskap van die moeder was slegs vir die Zimbabwe-  en Botswana-studies (Tabelle 1 en 4) beskikbaar.  Die hoër voorspeense groeitempo van kruisgeteelde kalwers van rasegte Brahmankoeie in die Zimbabwe-studie het geduur tot in die naspeenstadium waar kalwers tussen 8 en 13 persent  swaarder was as kalwers van ander rasegte moeders wat geëvalueer is.  Geen van die nageslag van kruisgeteelde moeders was swaarder as die nageslag van die rasegte Brahmanmoeders nie (Tabel 1).

Dit is opmerklik dat van die vyf kruisings wat soortgelyke  prestasies as die Brahman gelewer het, vier Brahmankruisings was.  Soortgelyke resultate is in Botswana getoon, alhoewel kalwers van Bonsmara-moeders op 18 maande swaarder as die kalwers van Brahmanmoeders was (Tabel 4).  Onder die kruisgeteelde moeder-genotipes  was die gewig van 18 maande oue kalwers van Simmentaler en Brahman kruisgeteelde moeders vyf tot sewe persent  hoër as kalwers van kruisgeteelde Tuli en  Bonsmara en rasegte Tswana moeders (Tabel 4).

Realistiese metings van koeiproduktiwiteit neem vrugbaarheid, kalfoorlewing en  -groei, en koeigewig in berekening.  Gewig van kalf per eenheidgewig van koei poog om onderhoudskoste ook in te sluit, om sodoende die vergelyking van koeie met verskillende volwasse gewigte  moontlik te maak.  Dit veronderstel egter dat rasse eenders aangepas is, i.e. omgewingsbeperkings  affekteer rasse nie verskillend nie.  Hierdie is biologiese indekse;  ekonomiese indekse is afhanklik van ander faktore soos aangedui deur Hetzel.

Waar produktiwiteit uitgedruk is as gewig van kalf gespeen per koei gedek,was  die Brahman die swakste in die Botswana-studie (Tabel 4),  intermedięr in Suid-Afrika en Swaziland (Tabelle 2 en 3), maar onder die beste genotipes in die Zimbabwe-studie (Tabel 1).

Brahman kruisgeteelde genotipes wat  geëvalueer is,  was intermedięr in Botswana (Tabel 4),onder die bestes in Zimbabwe  (Tabel 1) en uitstaande in Swaziland  (Tabel 3).

Waar speenproduksie uitgedruk is per eenheid metaboliese gewig (gewig.75),  nieteenstaande die relatief lae groeitempo van hul nageslag, was die klein Sanga-beeste van die mees produktiewe  genotipes  weens hul relatiewe hoë vrugbaarheid en oorlewingsvermoë van kalwers en lae volwasse gewig. (Tabelle 1, 2 en 3). Selfs wanneer koeigewig  in aanmerking geneem is, het die vroulike Brahman goed presteer  deur intermedięr in Swaziland  gelys te word (Tabel 3) en onder die beste genotipes in Zimbabwe (Tabel 1) en Suid-Afrika (Tabel 2). Neigings soortgelyk aan bostaande is getoon vir 18 maande kalfgewig uitgedruk beide per koei of per eenheidsgewig van koei.

Vaareffekte
Literatuur wat vaarinvloede op vergelykbare groei van die Brahman en ander rasse in Oos-  en Suidelike Afrika beskryf, is slegs beskikbaar van ‘n beperkte aantal studies: Zimbabwe (Moyo, 1990); Botswana (Trail et al., 1977; Apru, 1979);Suid-Afrika (Mentz et al., 1979a,b; Scholtz, 1988).

Die geboorte-  speen- en 18 maande-gewigdata van die Zimbabwe-  en Botswana-studies (Apru, 1979) is in Tabel 5 opgesom.  In die Botswana-studie vergelyk die eerste datastel vyf vaarrasse oor stasies  en die tweede stel vergelyk sewe op een stasie. Geboortegewig van kalwers wat deur Brahman verwek is was onder die hoogstes, saam met kalwers wat deur Italiaanse, (Chianina, Marchigiana en Romagnola), Simmental-  en South Devon bulle  verwek is (Tabel 5). In die Zimbabwe-studie is kalwers wat deur  Brahmane verwek was, intermedięr binne ‘n smal gewigsreeks(Tabel 5).  Vaareffekte kon egter  verberg gewees het omdat  hulle met ‘n verskeidenheid rasegte en kruisgeteelde koeie gepaar is.

Speengewig van kalwers wat deur Brahmanbulle verwek is was intermedięr (Tabel 5; Mentz et al., 1979a) teenoor die ander vaars wat geëvalueer is.  Kalwers was drie tot nege persent ligter as dič wat deur Simmental en Charolais verwek is en ses tot 12 persent swaarder as dič wat deur Aberdeen Angus, Tuli, Tswana en Afrikaner verwek is. Die 18 maande gewig van nageslag verwek deur Brahman was egter onder die swaarste en was slegs twee persent ligter as dič wat deur Simmental, Holstein-Fries en Italiaanse rasse verwek is, en agt persent swaarder as dič verwek deur  die  Sanga-rasse (Tuli, Tswana en Afrikaner;    Tabel 5).

Karkaseienskappe
Moyo het vaar- en moeder  genotipe invloede op karkaseienskappe ondersoek (Tabelle 6 en  7). Op 19 maande ouderdom  is alle diere van die veld geneem en na ‘n voerkraal geneem.

Nageslag van Brahmanvaar- en moedergenotipes  was van die swaarste met opname in die voerkraal, (18 maande gewig; Tabelle 1 en 5), maar hul aptyt in die voerkraal was klein en soortgelyk aan dič van Afrikaner-  en Tuli-verwekte  nageslag (Ward en Dlodlo, 1986).  Die vňňr-slag– en karkasgewigte van nageslag van die Sanga (Afrikaner, Mashona, Nkone and Tuli), Brahman en kruisings onder hulle was derhalwe die laagste.  Soortgelyke tendense is in Suid-Afrika gerapporteer  waar die gemiddelde daaglikse toename  van die Afrikaner, Brahman en Nguni in die voerkraal die laagste was.  Nageslag met  B. Taurus-invloed  het die hoogste vóór-slag–  en karkasgewig  gehad, aangesien klein verskille in karkaslengte gevind is.

Nageslag met Brahman-invloed het die kleinste oogspieroppervlakte gehad, soos ook Afrikaner-, Hereford- en Holstein-Friesverwekte nageslag.  Die hoogste oogspieroppervlakte was van nageslag met Charolais- en Simmentaler-invloed.  Karkasse met Brahman-invloed was intermedięr vir onderhuidse  vetbedekking, maar het die minste binnespierse vet bevat.  Aberdeen Angus-verwekte nageslag het die grootste hoeveelheid onderhuidse vet gehad, terwyl nageslag met Charolais-  en Simmentaler-invloed die minste onderhuidse vet gehad het.

Opsomming
Interpretasie van data moet versigtig geskied, veral  wanneer daar gepoog word om na verskillende omgewings te ekstrapoleer in die teenwoordigheid van genotipe x omgewing interaksies. Die studies wat hier geëvalueer is, toon dat die Brahmanvaar en -moeder goed presteer het en ‘n rol in Suidelike Afrika te speel het. Die produktiwiteit van die Brahmanmoeder het nie dič van die inheemse Sanga-rasse  oorskry nie.

Kruisings met die Brahman het egter groot potensiaal gebied, veral onder ekstensiewe toestande, soos in Swaziland, waar Brahman x Nguni eerste kruising vroulike diere meer as 50 persent verbetering in produktiwiteit getoon het in vergelyking met die rasegte ouers. Maternale eienskappe wat gemonitor en verbeter moet word, sluit vrugbaarheid en kalfoorlewingsvermoë in.

Groei van Brahmannageslag  (suiwer en kruisgeteel) was soortgelyk aan dič van die beste genotipes, veral op ouderdom 18 maande.  Die voerkraalprestasie van hierdie nageslag was egter swak en soortgelyk aan dič van die inheemse Sanga-rasse.  Karkaskwaliteite, nl. oogspieroppervlakte en binnespierse vet, was ook swak.  Dit moet in gedagte gehou word dat die  voerkraalstelsel die enigste metode  van afronding was wat geëvalueer is, en dit  mag dalk nie geskik wees vir alle genotipes nie;  veral nie laatryp-rasse nie.

   

______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________
ONLANGSE OPDATERINGS:  01 / 02 / 2011

© 2001 - 2013 Die Brahman Beestelersgenootskap van Suid-Afrika  |  Terme & Voorwaardes en Privaatheidsbeleid
WEBBLAD ONTWERP & ONDERHOU DEUR 123 INTERNET